Palm Beach Accomodation Margate - About

Palm Beach Accomodation Margate cover photo
Palm Beach Accomodation Margate avatar
About Me

🌊 Ontsnap na die kus by Palm Beach!

Soek jy die perfekte plek vir ’n ontspanne seevakansie saam met familie of vriende? Akkommodasie in die pragtige Palm Beach, Margate bied ruim selfsorg-verblyf net ’n klipgooi van die see af.

🏡 Wat bied hierdie eenheid?
• 4 Slaapkamers – ideaal vir families of groepe
• 2 Dubbelbed kamers
• 1 Kamer met 2 enkelbeddens
• 1 Kamer met ’n stapelbed
• 2 Badkamers
• Braai fasiliteit & Troeteldiervriendelik (Slegs 1 klein hondjie)
• Linne word voorsien (bring asseblief jou eie handdoeke)
• Geen ekstra elektrisiteitsfooi nie

💰 Pryse:
• R1000 per nag buite seisoen, R2000 binne seisoen
• R2200 vir ’n naweek buite seisoen (Vrydag & Saterdag)• Minimum verblyf: 2 nagte
• Terugbetaalbare breekskadedeposito: R500

📍 Ligging:
Palm Beach, Margate – ’n rustige kusdorpie bekend vir sy skoon strande, warm Indiese Oseaan en ontspanne vakansie-atmosfeer.
Kom rus, ontspan en geniet die klank van die branders. Hierdie ruim selfsorg-eenheid is perfek vir ’n naweekwegbreek of ’n langer kusvakansie.

Fasiliteite in die sekuriteits complex (Veilige eko-landgoed met nagpatrollies.)
• Ekstra groote swembad met braai geriewe
• Tikibar en restaurant met pool tafels en Professionele dartborde 🎯
• Kafee en wegneemetes
• Getypoele (Tidal pool)
• 🎣Visvang – Vang daardie groote, nou is jou kans.

🌴 Dinge om te doen in die omgewing
Die Palm Beach en Margate area bied ’n verskeidenheid wonderlike aktiwiteite en plekke om te ontdek tydens jou verblyf.

🌊 Wild Waves Water Park
Net ’n kort entjie van die eiendom kan gaste ’n opwindende waterpark geniet met ’n verskeidenheid waterritte, glybane, rubberbande en stortpoele. Vir adrenaliensoekers is daar die Aqualoop, Superbowl, Boomerango en twee steil liggaamsglybane.
Gesinne word goed bedien met ’n toegewyde kindersarea, terwyl dié wat wil ontspan, rustig kan dryf op die Lazy River. Let asseblief daarop dat die park kontantloos werk.
🌐 https://www.wildwaves.co.za

🍌 Mac Banana Estate
Net ’n kort entjie se ry weg is Mac Banana Estate, ’n lewendige gesinsvriendelike bestemming vol avontuur en pret. Geniet ziplining, avontuurparke, quad biking, paintball, boogskiet, Segway-toere en die opwindende Mac Conquer hindernisbaan.
Gaste sal ook die plaasdiere, ponyritte, trampoliene en die boeiende bananeboere-toere waardeer. Na al die aksie kan jy ontspan met ’n beroemde banana shake of ’n heerlike ete by Mac Café, of die winkels, koffiewinkels, restaurante en spa verken.
🌐 https://www.macbanana.com

🥥 Tikki Bar
Soek jy ’n plek met lekker vibes, goeie geselskap en hope pret? Dan moet jy beslis by Tikki Bar kom draai! Die bar het ’n kleurvolle tropiese atmosfeer vol helder kleure, oulike detail en ’n ontspanne vakansie-sfeer.
🎱 Wat wag vir jou by Tikki Bar?
• Pooltafels vir ’n lekker vriendskaplike wedstryd
• Professionele dartborde vir die ernstige (of minder ernstige!) spelers
• Buite sitplek waar jy rustig kan kuier
• ’n Volledige restaurant met heerlike kos en drankies
🌴 Of jy nou kom vir ’n vinnige speletjie pool, ’n paar darts, of net om te ontspan met ’n drinkie, Tikki Bar is die perfekte plek om die aand deur te bring.

🌵 Red Desert – Besoek die kleinste woestyn in die wêreld, ’n unieke en interessante natuurverskynsel wat beslis ’n foto werd is. 🌐 www.reddesertnaturereserve.co.za

🛶 St Michaels on Sea – Geniet ’n rustige kanovaart op die rivier en beleef die pragtige natuur van die Suidkus.

🏖 Strande en getypoele – Die area is bekend vir sy skoon swemstrande en natuurlike getypoele, perfek vir swem, sonbaai en gesinsuitstappies.

🍽 Restaurante en eetplekke – Daar is ’n groot verskeidenheid restaurante en kafees in die omgewing waar jy heerlike etes kan geniet.

🧇 The Waffle House – ’n Gewilde plaaslike gunsteling waar jy jouself kan bederf met heerlike vars wafels in ’n pragtige tuin-omgewing.

☕ Koffieplase in die omgewing
Ontdek die plaaslike koffieplase in die area vir ’n heerlike daguitstappie. Beide plase bied rondleidings, waar jy kan leer hoe die koffie van plant tot koppie verwerk word.
• Mpenjati Coffee – Hulle het koffie en huisgemaakte koek asook winkel vir vars koffie en plaasprodukte.
• Beverkreek Coffee Farm – Hulle het ’n heerlijke ontbyt en koffie in die koffiewinkel, en verken ook die plaasaktiwiteite.
Jy kan koop in hul winkels, deelneem aan rondleidings of selfs ander aktiwiteite op die plase geniet. ’n Perfekte kombinasie van leer, smul en ontspan.
🌐 Mpenjati Coffee | 🌐 www.beavercreek.co.za

📩 Bespreek nou en maak jou volgende strandvakansie onvergeetlik!

WhatsApp: 083 290 9824

Website
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.